Home arrow About us arrow about us arrow Introduction / Inleiding
Introduction / Inleiding PDF Print E-mail

Brainline/Breinlyn introductionIn a day and age, where demands placed on schooling by industry and life itself is challenging to say the least, an alternative form of schooling, based on the latest technology, offers a refreshing new choice to the learner of the digital age.

Taking control of one’s education places the responsibility in the hands of both parents and learners alike. The quality of standardized, bite sized learning units, complete with its own assessment project and memorandum attached, enables learners and their parents, guardians or tutors, to meet the minimum requirements of the national curriculum as set by the National Department of Education of South Africa.

Brainline is of the opinion that the education of learners is an exciting journey for the entire family, and amongst all of this, the learning environment should be made what it was supposed to be all along: supportive, calm, exciting and adaptable to the needs of the learner.

We see our role as assisting the parent/guardian/tutor in maintaining a high standard of education by standardization of the curriculum as well as presenting study material to the learner in a simple and understandable way. We fully understand that the study material supplied may be the only source available to learner and parent alike.


Brainline/Breinlyn exciting journey

alternatiewe vorm van onderwysIn vandag se lewe is die vereistes wat deur beide nywerhede en die lewe self aan die onderwys gestel word om die minste daarvan te sê, uiters uitdagend. Teen hierdie agtergrond bied ‘n alternatiewe vorm van onderwys, gebaseer op die nuutste tegnologie, ’n verfrissende nuwe keuse vir die leerder in die digitale era.

Wanneer ’n ouer / voog die onderrigproses oorneem aanvaar hy ook ten volle die verantwoordelikheid daarvoor. Hoë kwaliteit, gestandaardiseerde, hanteerbare leereenhede, met assesseringsprojekte en memoranda aangeheg, maak dit moontlik vir leerders en hulle ouers, voogde of tutors, om aan die minimum vereistes van die nasionale leerplan, soos neergelê deur die Nasionale Departement van Onderwys van Suid-Afrika, te voldoen.

Breinlyn glo dat die onderwys en opvoeding van leerders ‘n opwindende reis is vir die hele gesin. Die onderrigomgewing moet dan ook verander word na wat dit nog altyd bedoel was om te wees: kalm, ondersteunend, opwindend en aanpasbaar by die leerder se behoeftes.

Ons sien ons rol soos volg: om die ouer/voog/tutor te help om ‘n hoë standaard van onderrig te handhaaf, deur middel van die standaardisering van die leerplan, asook die aanbieding van studiemateriaal op ‘n eenvoudige en verstaanbare wyse. Ons is ten volle bewus daarvan dat die studiemateriaal wat aangebied word die enigste bron mag wees wat aan die leerder en tutor beskikbaar is.